top of page

Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Wees dan nie bevrees nie. Julle is meer werd as baie mossies.

 

Anfield Stadion, Liverpool, Engeland. Tuisgrond van die Liverpool Sokker Klub. En plek van herinnering vir die slagoffers van een van die ergste sokkerrampe in die Britse geskiedenis.

 

Suid-Afrika, 1899-1900. 'n Bitter oorlog woed tussen Brittanje en die Boerrepublieke van die Transvaal en die Vrystaat. Boerekommando's beleër dorpe onder Britse beheer in Natal. Die Britse Leër moet veg om hulle te bevry. Maar eers moet hulle hulle kan bereik; in vyandige terrein inbeweeg teen 'n vyand te perd met ongeëwenaarde skietvaardigheid.

 

Albei kante het Spioenkop in die oog. 'n Heuwel wat uit die vlaktes van Natal oprys - bestem om 'n 'akker van slagting’ gedoop te word deur die ter plaatse verslaggewer, Winston Churchill; en om sy naam beslaan te vind op een van die mees befaamde sokkertribunes in die wêreld - Anfield se ‘The Kop’.

 

Suid-Afrika 2015. Liverpool sokkerondersteuners Jimmy, Sarah en Des reis na Suid-Afrika om die Hillsborough Ramp te herdenk, waar hulle meer ontdek as wat hulle verwag het - oor die verre verlede ... en, oor hulleself.

Lewens in Herinnering

R 250,00Price
0/500
Quantity
Binnekort beskikbaar - bestel nou!

Captivated by the Creator

© Anna Jensen 2023

bottom of page